Ons uitgebreide hidro geologiese grondwater dienste behels gedetailleerde lessenaar en verslae, veld studies en geofisika, die identifisering van waterbron teiken areas, boorgat water aanwysing, aanwys van boorgate, boor van boorgate, boorgat ontwikkeling, boorgat toetsing, toerusting daarvan en waterbron bestuur.
Die ontwikkeling en vervaardiging van plaaslike plaas kaarte, geologiese, topografiese, waterbron, raster, vector en infrarooi kaarte deur middel van gevorderde programme en digitale beelde. Indien u wil verseker dat u eiendom / belegging verseker is van water hulpbronne in die toekoms met die voordele daarvan kan ons u help deur n holistiese diens te bied aangaande jou waterbron en die ontwikkeling daarvan.
DIENSTE

BOORGAT AANWYSING
Sodra die Lessenaar Studie voltooi is, word Geofisika gebruik om potensiaale boorgate aan te wys. Die mees algemeen gebruikte Geofisiese metodes wat gebruik word is Magneties, elektro magneties en weerstand meeting. Gerekenariseerde programme word gebruik om die resultate van die veld werk te verwerk ten einde aanwysings van potensiaale boorgate akkuraat te bepaal.

KAARTE EN BEELDE
Ons bied n baie bekostigbare en gespesialiseerde diens in hierdie verband. Op versoek van ons kliënte kan ons hoë kwaliteit gelamineerde kaarte van die area van hul keuse in enige een of meer van die volgende formate aanbied: Geologiese Kaarte, Topografiese Kaarte, Waterbron Kaarte, Raster Kaarte, Vektor en Infrarooi Kaarte.

LESSENAAR STUDIE
Die Lessenaar Studie is die fase waartydens Satellietbeelde, Gevorderde Programmering, en Kaarte gebruik word om gebiede te identifiseer met die potensiaal vir die onttrekking van ondergrondse water.

HIDROLOGIESE OPNAME
Laasgenoemde ondersoeke word gedoen om vas te stel beide die huidige en toekomstige potensiaal van ondergrondse onttrekking van water, die volhoubaarheid daarvan, gegalte verwante sake,omgewing en wetlike aspekte,en enige ander HidroGeologiese verwante sake.

BOOR VAN BOORGATE
Die gewildste metode wat gebruik word om boorgate te boor vir die onttrekking van grondwater is die RotaryPerkussie Metode wat gebruik maak van lugdruk en n perkussie bietel wat geheg is aan n stel boorstange wat pneumatise aangedryf word deur middle van n tooring wat gewoonlik agter op die bak van n swaar diens voertuig gemonteer is.

BOORGAT POMP TOETS
Die pomp toets van boorgate bepaal die eienskappe van n boorgat wat die korrekte toerusting, ontrekking, en bestuur daarvan bepaal. Waar nodig voldoen ons aan die Wettige Vereistes in verband met toerusting,data en verslae. Ons kan u ook bystaan met die Registrasie Proses van die boorgat.

BOORGAT INSTALLASIES
Korrekte installasies word met betrekking tot die eienskappe van die boorgat gedoen en verkeerd gedoen, kan dit ernstige verliese veroorsaak soos die boorgat wat in duie kan stort, pompe wat val in die boorgat, breek van die pomp of die motor,n hoë elektrisiteit koste en die uitputting van die Waterbron.

BOORGAT MONITERING
Soos meer en meer boorgate geboor en water onttrek word vir verskillende doeleindes in n watergestremde land soos Suid-Afrika word dit al hoe meer belangrik om die onttrekking van water en die uitwerking daarvan op die waterdbron te moniteer. Die gevolge van die oorbenutting van n waterbron kan rampspoedige wees. Ons bied n professionele en doeltreffende diens aan in hierdie verband wat aan u behoeftes sal kan voorsien

BOORGAT SKOONMAAK
Boorgate is onderhewig aan agteruitgang met die verloop van tyd en moet skoongemaak word van tyd tot tyd as gevolg van fifa coins verstopping, verkalking, wortel indringing, formasie ineenstorting en vreemde voorwerpe wat in die boorgat mag beland. Onder veilige omstandighede kan ons hierdie diens voorsien en aanbied. n’ Ondersoek sal bepaal of die boorgat diensbare is of nie.

BOORGAT SONPOMPE
Tegnologie in hierdie verband het geweldig gevorder en is n gewilde en energie-doeltreffende middel van onttrekking in situasies waar jy nie n huidige kragbron het nie, en ander opsies te duur is om te laat installeer, of waar jou huidige kragbron aangevul moet word. Ons het die nuutste en mees gevorderde pompe en verwante toerusting wat sal van toepassing wees met die eienskappe van n boorgat.
GALLERY
KONTAK ONS

ADRES
Bloemfontein

TELEFOON NOMMERS
Jacques • 071 292 3128

